47.        LAND

Ons het jou omgeploeg,
vrede is 'n vreemde woord.
Vra dié of dit gaan stop
en hulle sê nooit.

Ons lig 'n goudklont,
ons lig 'n diamant.
Ons maak andere se goed reg
en ons maak wat ons kan.

My oë kyk suid,
oë wat vrede sien vir die land.
Vrede van 'n eie hart,
dit is gegee in geloof.

Daar word geglo aan 'n vredemaker,
soms as dit ons pas.
Ek gee sonder dat dit my pas
en los dit as die vredemaker se las.

Met dié hart gaan ek ploeg
en welvaart saai.
Alles vir jou mens,
Julle kry die hart
kom wat wil.

18/06/1989