52.        NIE GELUISTER

Dit was nie belangrik,
daarom nie geluister.
Of was daar geen tyd
vir andere se luiter?
Belangrik of nie
ons het net een verstand
en veelsydige probleme,
waarom help die ander nie?

Dink hulle dis lekker om te vergeet,
dat dié ongemak ruil vir moeilikheid?
Nee tog, hoe kan ons oordeel,
hoe weet ons dit is moeilikheid?

O rede tog, kom hou vrede.
Die een wil praat
en die ander moet hoor.
Dink ons dieselfde
as ons lyk soos ons dink?
Hulle hoor iets, behalwe 'n woord,
die koppie is al oorvol geloop.

Wees betaamlik met die wat nie hoor
en met die wat verkeerd praat,
dan sing geregtigheid saam.
As dit nie kan nie,
gee tog net vir mekaar om.

01/02/1989