63.            OUDEPOS

'n Ouplek met grasdak
en perdestal.
Min sal ooit kom kyk
en bitter min sal.
Jou briewe volg 'n oosterse vis
maar nou is die Batavia nette leeg.

Toe word die posklip 'n hoeksteen
'n uitkyk pos, 'n opstal.
Dit is met die kasteel so gevind
bewaak deur konstabelkop en al.
Wit is jou mure met boesman se wild.

Soms pletter en kletter die water
na aan die huisie se wal.
Soos 'n klein kasteel op land
hier het skepe geland
as die Kaap storms heet
en so is 'n erfenis
'n belewenis.