42.            POLITIEK IN DIE KOMBUIS

O, die Hertzoggies hier,
O, die Hertzoggies daar,
weg is die bitter smaak.
O, die twee gesiggies hier,
O, die twee gesiggies daar,
weg is die bitter smaak.

Ons vier met smoorsnoek
en moskonfyt
die nuwe eenheid met jolyt,
met ‘n soetwyntjie
en ‘n mistige reëntjie.

Die mooi nooi
met die lippe so rooi
bak reënboog koekies
met liefdeshoekies
wat na vrede soek.

Weg is die ou koekie se smaak
en ‘n nuwe mens is gemaak
wat met liefde aan enigeen sal raak
met ‘n reënboogkoekie in die kaak.

02/6/1998