41.            POLITIEK OF POLEMIEK

Ek sien kaboutertjies hier en kaboutertjies daar.
Hulle sê kry vir jou hier en kry vir jou daar.
Ek sê kry vir jou wat en kry vir jou waar?
Hulle sê kappertjies hier en kappertjies daar.

Ek sê kappertjies hier en kappertjies daar.
Hulle sê kry vir jou hier en kry vir jou daar.
Ek sê kry vir jou wat en kry vir jou waar?
Hulle sê kaboutertjies hier en kaboutertjies daar.

Ek sê kry vir julle hier en kry vir julle daar.
Hulle sê kry vir ons wat en kry vir ons waar?
Ek sê wragties waar hier en wragties waar daar,
hier's te veel politiek tussen hier en daar.

15/06/1989