37.            SAMARITAAN

Wees die digter genadig
hy skryf skewe woorde
en valse akorde.
Net gedagtes maak sin
en tog so moelik.
Geseënd sy talente
terwyl ander beswaar maak.

Wat maak ons met dié skewe goed
en die' se skewe baas?
Druk niks, nie 'n woord.
Kyk links en gaan voort
tot môre waneer ons buig.
Dan gaan die oë oop
en word skeef weer reguit.

Wees die wyses barmhartig, samaritaan.
Gee my salf, gee my sin.
Die lewe luister niks, nie 'n woord.
Dit kyk links en gaan voort.
Toe is daar 'n glimlag en skewe woorde
van 'n hart van 'n digter.
Ek kon help, maar dit was in jou hande.

18/06/1989