16. TWAALF SALIX TERRACE STRAAT

Ek was ʼn liefdes spesie onder bedreiging
En het Engelse vriende wat valkies vang
Ons het die meeste van ons vryetyd in die veld gespandeer
Eers soek ons hulle sitplek op takkies wat wit geraak het
Dan bepaal ons die soort roofvoël deur wat hy opbring
Dan wag ons en volg hom tot by sy nes in broei tyd
Dit is daar waar die swakste kuiken sy liefde kry
Hy word so deur mense kinders groot gemaak
Die muise in die veld het ons kos dag geken
Die valke was nie getrou as hulle ʼn maatjie sien nie
Hulle het ons gou verlaat en gaan nes opsit
Toe kom die reuse gespikkelde gras uil kuiken in my lewe
Huise word op ʼn vleiland uitgelê waar hulle hulle eiers lê
Die uiltjie kry toe vir my as ma en pa
Hy was nog net piep klein en sy ogies bot toe
Maar met die vol op kos was ek vinnig aangeneem
Eers was dit maalvleis toe plat geslaande hoendernekke
Soms as die muise nie op hulle hoede was nie was hulle ook daar
Dan het die uil van sy stapelvoedsel gekry
Later het die uil van buite sy hok terug die huis in beweeg
Hy was so mak dat hy agter ons aan gevlieg het
Maar hy was te groot en wou net op my kop land
Hoe antwoord jy ʼn telefoon vinnig
En sê hou aan ek haal net gou die uil van my kop af
Werk die kind nou al vir militêre inligting
Nee die uil was net lief vir my en het my aangeneem
My pa laat hom vry en hy vlieg terug die voordeur in
My ouer wou ʼn groot boete vermy
En die uil vind ʼn plekkie in die Pretoria dieretuin
Maar vir die uile bly ek liefdes familie.

22/02/2005