33.             ARTAPPELS SKIL

Ek moes eers ʼn weermag aanlegtoetse doen
En medies ondersoek word
En daar het ek ook onskuldig raas gekry
“Waar is jou ruitverwysing en waar is jou eenheid”
Ek moes daar aandui ek nog nie so in die weermag was nie
Hulle vergader ons lugmag aanskoekkendes in ʼn kamp
ʼn Tente dorp by Lyttelton naby die hoofweg
Somer ons eerste oggend was ons beddens al omgegooi
En daar word nie meer laat geslaap nie
Daar word op aandag elke nou en dan ons getel
En die katte onduiker moes vinnig leer dril
Ek volenteer vir menasie diens om weg te kom
Hier was ek ʼn bobaas aartappelskiller
Die eerste sak was lankal voor die ander klaar
Dit is net daar waar ek die tweede sak gekry het
So het ek geleer behalwe vir haat hulle ook nie regverdig was nie
Ons moes met ʼn onkundige leerling shef massa kos maak
Hy het nie eers geweet mens moet sout by rys gooi nie
Toe die gekwalifiseerde shefs later daar aan kom en help
Word die pot met rys ʼn sout pilaar
Maar die wyses het wel kombuisdiens gedoen
Want hulle het al hulle kos eerder by die kantien gekoop
Dit is net hier waar ons vir die eerste keer teveel geweet het
Gelukkig vir ons sakgeld het dit daarom nie lank aangehou nie
Vinnig word ons ingesweer na dat die vorms spoedig ingevul is
En so word ons name uitgeroep en ons opgelaai
Die bus neem ons reguit Lugmag Gimnasium toe
En so was ek ʼn professionele soldaat in wording
En so vir vredesonthalwe het ek my siel verkoop
Hier maak hulle my ʼn wapenmonteurder
Ek wou maar net ʼn eenvoudige passer en draaier gewees het.

17/03/2005