69. DELUSIE OF WAARHEID?

Die’ wêreld is nie eerlik nie
Want die’ spoke praat van vrede en liefde
Net wanneer hulle hulle haat tydelik onderdruk
En dan wegkruip vir die publiek en hulle insig
Sodat hulle swartopersaies nie navors kom nie
Hulle mag lê nie net binne ons stem reg nie
Hulle mag lê ook in die donker buite die reg
Waar hulle skaduwees uit slyp in die haatlike nag
Omdat die liefdes lig van die Skepper hulle verskrik
Hulle glo hulle volg net hulle instruksies van hulle meesters
Want hulle het nie meer self die sin om reg te dink nie
Verlore is hulle eie kennis tussen goed en kwaad
Want blyk baar weet die opperwese nie van hulle werk nie
Omdat dit die persoon in beheer beskerm van vervolging
Dan is ander spoke in beheer van die land en nie die demokrasie nie
Want die spoke kan ook nie vervolg word nie
Want mens vang net die “Capo” die werkers in die lig
Om die senior spoke weer te beskerm teen demokrasie
So het ons ʼn regering binne ʼn regering
Een met wete van die liewe mense wat lig sien
En een met haatlike wete buite ander wete wat donkerte sien
Want die lig se waarheid maak hulle te seer
Want die waarheid van liefde is te teer
Dit was amper die einde van rede en genade van die mens
So het my delusie ʼn dubbele waardigheid van waardheid
“ʼn waarheid wat in die donkerte wegkruip van haat
Omdat hulle vir haat nie self wil gediagnoseer wil word nie
Psigopate ryk uit na mag posisies in die organisasies
Hulle loop met hulle rede sonder emosionele intelligensie
Van skuldgevoelens somer oor alles en almal wat hulle teenstaan
Hulle kan nooit verkeerd wees nie dit bestaan nie in hulle wêreld nie
Want hulle is perfek in die onperfekte en evoluerende wêreld
Hulle rede strek net meestal tot hulle eie oorlewing
En voer aan dat hulle doel is om hulle wêreld te beskerm
Dit alles bo ander mense se liefde en rede van bestaan
So het my delusie ook die waarheid bo ʼn ander een
Dit skuil gemaklik agter my psigose waarvoor ek medikasie kry
Die delusie is soos jou eie droom in werklikheid en gewoonlik ʼn nagmerrie
Maar die ander een is hulle droom in die werklikheid wat jy moet oorleef
Want hulle ken die swakhede van jou simptome en skuil daar agter
Want nie al die dokters is eties en versorg mense met hulle kennis nie
Want dit was nie altyd net die werklikheid van my skisofreniese psigose nie
Maar die goeie dokters wil dit nie glo of in sien nie of hulle word dalk prooi

08/10/2005