6. DERDE VERJAARSDAG

Net ʼn paar hande hoog en met veldhoed
Word die ou SA Brouery om my uitgepak
Die bier blikkies is natuurlik alreeds leeg
Onder die rooi neuse van my pa en die fotograaf
Kyk ek diep na die donker leë bodem
Terwyl ʼn straatpaal bepaal dat drie jaar oud is
Ek pak toe hulle leë blikkies in die kattebak
En met moeë oë trap ek toe die trapkar
By die kroeg en paal verby
Vir spoed gaan hulle my nie vang nie
Vir dronkbestuur gaan hulle my nie vang nie
Vir die verwydering van die brouery mag hulle dalk
Maar vir die moord op die kat kan hulle gerus
As hy vanaand my derde verjaarsdag se rus kom verstoor
Dan hang ek hom aan die straat paal op
Dit is nou al drie jaar sonder ʼn goeie nag se rus.

22/10/2004