42. DIE ROOIKAT

So heet my groter familienaam Clan Chattan se leuse
“vat nie aan ʼn kat sonder handskoene nie”
Ek is seker iemand moes die wilde rooikat daar toegesluit het
Want die volgende dag wanneer hulle die skans se deure oop maak
Sit die hissende en ongelukkige gedierte hulle almal agter na
Die brawe soldate spat al die rigtings in
Gelukkig het die gedierte nie vlerke soos die cheetah van die eskader nie
Daar word deur die wyses altyd skanse versigtig oop gemaak
Jy weet nooit watter vyand of ongedierte daar agter skuil nie
So het ek ook al ʼn paar koue pofadders in die deur se spoor gevind
Daar was ook ʼn dag toe ons ʼn swerm bye
Wat hulle in die vliegtuig tuisgemaak het ook ontduik
Maar baie later kom Sabrina die Italiaanse meisie met haar idee
Dat sy die sekere swart wildekat ʼn huiskat wil maak
Ek met al my familie wysheid moes die kat met my kaal hande vang
Dit was vir liefde gedoen met goed geskraapte en gebyte hande
Maar die wilde kat het vir ʼn oomblik sy moses goed tee gekom
Maar die dame met die huiskat ideë wil haar troeteldier toe ontmoet
Met die eerstekans vlug hy sy hok uit en al my werk was verniet
Ek onthou met die prentjie die familie leuse nog baie goed
“Vat nie aan ʼn kat sonder handskoene nie”.

19/05/2005