26. DIE ROSESSENS

By die hoërskool was ek nog steeds as ʼn Skot beskou
Die eenkant ʼn boer en Afrikaans in uniform
Aan die anderkant my vriende Engels sprekendes
Maar in my hart was ek maar net ʼn gewone Skot
Dit laat my dink aan my vriend en sy Joodse pa
Hy het dit op sy manier moeilik gehad
Hy het hom aanhoudend lewens lesse geleer
Eers word daar vir hom gesê
Graig jy mag maar gaan
Maar as hy uitstap word daar nee gesê
Dit hou so vir ʼn geruimetyd so aan
Dat hy gehoorsaam op en af geloop het
En uiteindelik debatterend uit geloop het
Hy was ook die een wat ʼn valkenier was
Sy ouer broer Ben was ʼn yshokkie doel houer
En lyk vir my altyd meer wapens ingepak as beskerming
Hy en sy maats het soms vir ons drank gekoop
Ek moes Graig eendag vas hou saam met sy broer
Toe hy soos ʼn vlinder sy kop so op Ozo verloor het
Graig probeer sy pa se speletjie eendag op my beoefen
Om te kyk of ek ooit fisies aggressief kan raak
Hy en sy maat het my gedurig ge-Jury – Jury
En soms net so rond gestamp en af geknou
Tot dat ek eendag wel genoeg gehad het
En die hele spul uitmekaar verdryf het
Dit is net jammer ons het kontak verloor
Toe ons Mondeor toe getrek het.

15/03/2005