67. DIE DUIKBOOT

SAS Maria van Riebeeck, van jou het ek eers gedroom
Tot ek met die werklikheid jou foto’s met ʼn psigose neem
So het ek in jou dae geseil terwyl my siekte in jou skuil
Want my psigiater wou nie die vergrote delusie glo nie
Dit was nie ʼn ware Skepper nie dit is net my siel wat so siek seil
En so het my met ʼn glimlag laat gaan en op die werklike oop waters losgelaat
Die duikboot matrose se siel toestand word elke ses mande getoets
Toe die lumag uniform neerdaal vir ʼn rit van dertigdae aanvanklik
Het hulle my prontuit gevra wat het ek by die hoofkwartier verkeerd gedoen
Want niemand normaal vollunteer om so lank saam met hulle te seil nie
Ek het maar ʼn lê plekkie gekry op planke bo dorpedo lansserders
Het saam met die ou wyses aan die enigste Milo gedrink wat verdwyn het
Al was my slaapplekkie reg voor pot die neus van die duikboot
Word ek te senior beskou vir voedsel  en moes dit agter by die skroef genugtig
So was ek binne die duikboot en die duikboot binne my
En hier was ek soos Jonah en hier het ek weer my Skepper gekry
So het my Skipper my nuwe siel op ander die waters losgelaat
Eers word daar nie besef dat elke mens nie perfek is nie
Totdat ek besef het dat ek nie alleen in die dullisie is nie
Dat meeste van my geneeshere ook dink dat hulle perfek is
En my navigasie wil doen en my so op ʼn duikboot loslaat.

08/10/2005