10. DIE KAT MOET DOOD

Vryf die kat dan byt hy jou
Dan gee ek sy stertjie ʼn pluk
En dank rap hy my
In die donker sluip hy rond
Net tot ek slap spring hy op die bed
Daar was soveel skielike middernag gebede
Dat die duiwel die kind ingevaar het
‘N noot kreet van kinder hoop
Die kat moet dood en dit word herhaal
Eers in die oond saam met ongeskilde aartappels
Maar hy was te jammer klein om dit aangeskakel
Dan word die nood gedwonge kat
Wat so vurig vasklou vir die toilet gevoer
Later word hy suksesvol in die kas
Met ʼn draad hanger opgehang sonder dat hy los kom
Maar op die eiende was die kat se dood ʼn heilige gemors
Van teveel stories van vonkelende tower katte
In die nege lewens van Afrikaanse en Engelse kinder stories
Want vir sy eiende was hy ʼn tower kat
Die bediende word kinderlik gevra wat maak dinge vonkel
In haar onkunde beduie sy die towerkrag van Brasso
Terwyl sy die koperwerk skoon maak
Nog kon die kat nie vonkel of toor nie
Dit was duidelik sy negende lewe was op.

01/02/2005