39 DIE MES STEEK

Ek koop toe ʼn dolk by ʼn uitstalling by Voortrekkerhoogte stadsaal
Die vakmanskap van die dubbele lem en  kassie gee my vreugde
Die dolk was so skerp dat net met sy gewig kan hy jou oopkloof
Maar met die goeie dolk moet die vakleerling sy makers beïndruk
En van hulle leen dit en hou dit te lank van hom weg
So spelend weier hy dat dit gebêre moet word
Dit is met daardie gestoei dat ek die dolk steek opgedoen het
Die warm bloed het taai lanks my regterbeen af geloop
Die bruinbroek kry net daar sy bloed vlekke
Maar ek kan nie gaan klae of behandel word nie
Want hulle sal sê dit is beskadiging van staatseiendom
Die wond moes ek maar toe self genees
Want as jy dril wil dit oopskeur as dit aan die broek klou
Maar ek ken mos die pyn om op parade te dril
Nou wat oor is ʼn ou litteken op die bobeen
Net soos die een op my ken wat my ma vir my gegee het
En die ander een bo op my linkervoet van ʼn fiets briekhandvatsel af
Dit is ook hier waar ek geleer het hou jou gevaarlike goed uit ander se hande.

31/03/2005