48. DIE NAGWAG

As die dag se werk nie genoeg was nie
Moes soms nog in die nag ook nog soms wagstaan
Die stofferinge paaie verbruin ons blou oorpakke
Sodat net ons oë en tande se wit uit skyn
So moet ons sit plekke deel met kwaai honde
En word ons alleen een-een afgelaai
Om soms gepantserde torings te beman
Daar bo kan jy die verte die bosveld in sien
As jy links in die verte kyk sien jy ʼn toring
As jy regs in die verte kyk sien jy die ander een
In die nag gooi ons ons ligte vir mekaar om wakker te bly
Want die elektriese heining het doodstil bly lê
Hier pak die muskiete jou ook in hulle eie eskaders
So word ons saam met hulle met brandende gif ringe uit gerook
In die somer verlig die vuurvliegies die Kersfees vir ons
Die hele wêreld om ons lyk soos ʼn reuse kersfees-boom
So wag ons laat in die aand vir rammelende ligte
Wat jag deur die bosse om nog ʼn bietjie ekstra slaap in te kry
Met bevordering verlaat ons die torings vir die basisse sentrale
Dit lyk soos die bevelsdek van Challenger van Star Trek
Orals is daar liggies wat skielik kan beweeg
Dan moet jy rondspring en mense deursit
Soms baklei die professionele dorp se sentrale met jou
Dan raak dit stil om middernag waar jou oë toegaan en wil slap
Dan soos die duiwel dit wil hê is daar skreeuende liggies wat jou wakker maak
Want daar waak jy nie net oor die land self nie
Maar oor daardie soldate wat probeer rustig slap
Terwyl ons dromend vir hulle die nag waghou
En die geringe waggeld by die snoepie bestee.

17/07/2005