17. DIE OORLOG BAAS

Voor skool staan ek al op met liefde vir mense regte
Maar dit is eers wanneer ek kon skryf
Wanneer die soldaat van liefde na vore kom
Hy het met pen en papier sy feite daar op geplaas
Hy het by die oorlog baas werk kom soek
En wou mense met liefde help om vir hulle regte op te staan
Hy het geglo dat met die wapen van liefde
Hy die slagveld van wapens kan vernietig
Dit is ʼn dapperder soldaat wat ʼn gevaarliker een kan oorwin
As hy net liefde en ʼn uniform het
Maar van wapens wou die kind ook alles weet
As daar nuus was of ʼn rolprent was hy daar
Dit is ook hoe hyself later ʼn soldaat geword het
En wapen monteur was toe sy eerste ambag
Maar die vakleerling kwalifiseer toe met liefde
En werk met personeel en openbare betekeninge
Later was sy wapens net ʼn pen en kamera
Die wapens is baie beter toegerus vir liefde

22/02/2005