82. DIE PAD VOORENTOE

Sonder ʼn liefdevolle toekoms en positiewe wêreldvisie is daar net haatlike depressie
Maar ook sonder lewens probleme en uitdagings is daar ook nie ʼn toekoms nie
Want ons doel op die aarde is om te verbeter en dit hou die mens aan die gang
Ons was nog nooit bedoel om ʼn doellose evoluerende wese te wees nie
 So moet ek ook my skisofrenie onder andere ook vas vang
En dit so onder die mensdom se huidige beperking ook vas vang
Sodat die Skepper nie na sy goeie individuele mense moet verlang nie
Hy het ons geskep soos my CREATO om ook skeppend te wees
Dit blyk my die verskil tussen ons mense te wees en die boodskappers die engele
Want skeppend ken die mens tussen die vrugte van goed en kwaad
So met liefde en harde werk onder moeilike omstandighede
Ken ons die pad terug na die Skepper toe
Maar met haat en spandabelrigheid vir plesier
Ken ons ook ons eiende die toekoms in
Want die mense kry dit goed reg omdat dit hulle op hulle eiende is
Maar so moet skisofrenie ook vir die Skepper ʼn doel hê
En die positiewe sukses ʼn baie waardevolle uitkoms
Die spesiale mense wat ook hulle drome kan beheer
Terwyl dit saam in hulle werklikheid kan afspeel
Anders sonder kontrole is dit net soos ʼn nagmerrie ʼn pynlike droom
Dan is daar ook nie iets positief geskep sonder ʼn doel nie
Daarom hoef ons wat dit het nie skaam te wees nie
Ons moet die wêreld laat uitvind wie ons regtig is
So is ons almal deel van die wonderlike natuur en die Skepper se Skepping
So moet ander ons en ons die Skepping saam met die Skepper lief hê
Net soos die Skepper en sy Skepping ons ook lief het
So moet die mense van liefde en haat leer wie hulle werklik is
En so kan ons ons plekke hier op aarde van die mensdom volstaan
Want ons het die mens saam met die ander tot hier gebring
En as die Skepper ons nog lief het en in ons as mensdom nog hoop het
Sal die mensdom tot die stere en uitspansel emigreer
Soos die tuiniers van die ruimte sal ons nog ons oeste saai en maai
En daar sal nog onder ons ook onderskei word volgens ons haat en liefde
Maar hoe hoer die intelligensie en self verantwoordelikheid
Word die liefde en eerlikheid groter en die haat en valsheid kleiner in die mens
Maar die omvang van ons dade sal baie groter impakte hê

15/10/2005