36. DIE POLISIE MAN

So met uniform gaan ons mos op pas
Dit was seker die Lugmag pet wat so sleg gepas het
Wat ons huishulp met sulke frees verjaag het
Ontkennend wie ek regtig was het sy gevlug “Die polisie - die polisie”
Sy het seker iets geweet waaroor sy hulle moet vrees
Maar daarvan het ek nie van geweet nie
Dit is eers later tot sy dit goed aanskou het met die wasgoed
Dat sy kon onderskei dat die Lugmag blou ook bestaan
En so verder in meer rustigheid die uniform kan stryk
So bly my ma en broer toe alleen saam in ʼn huis
Wat geleë was in Pretoria Wes want sy het by Yskor gewerk
Ons geel kokketiel was toe ook al daar
Ek moes altyd die voëls makgemaak en leer om te praat
Dit was altyd stukkende hande tot ek handskoene ontdek het
Sommige parakiete het al vroeg van my gehou
En het self na ʼn paar lesse al by my gesit
En so het ʼn baie jong een met die eersteslag verbasend op my geland
Ek vir hom nie daardie verskriklike soldaat of polisieman nie.

30/03/2005