18. DIE SKOT

Daar was iets groter as net om ʼn soldaat te wees
En dit was om ʼn eerbare skot te wees
Vir my laat die doedelsak my bloed kook
ʼn Donker dapperheid brand baie warm
Dit verrig die haat en geweld van ander
ʼn ware skot al arm en teer is ʼn ware heer
Hy diskrimineer nie, nie eers teen klein en groot nie
Sy families trek altyd wêreld wyd
Tot aan die suiderpunt van Afrika.
Om ʼn skot te wees is om deel te wees
Van die familie en nie die land nie,
Die land kan ons altyd weer vervang
Maar ons kan nie ons familie vervang nie.
Daarom was my soldaat wees gekoppel aan om ʼn skot te wees
Maar die Skotse diplomatieke liefde het my oorheers
Selfs die boere is in my familie
Maar sommiges klou te vas aan wêreldse dinge
Om ʼn skot te wees ken jy eerbaarheid en liefde
Ons sien meer die hart en siel as die vlees.

22/02/2005