25. DIE WINTER TRAPFIETS

Die skool was omtrent 15 kilometer te ver om na te loop
En Edleen was aan die anderkant van Kempton Park
En die tegnieseskool by die lughawe
Soms as die fiets breek moet ek maar loop
Die wit oorpak was in sy broekspyp opgerol
En dan oor die handvatsel gegooi
Die tas was op die rug gedra
Maar vir my was die winter hier die erg
En die koue by die lughawe die ergste
Ons moes dik aantrek en handskoene dra
Die swart balaclava was soms wit van die ryp
Waardeur ons asem wolkies geblaas het
Die wêreld het vir my hier oopgegaan
Soos die internasionale vliegtuie
Wie se vlerke reg oor die wêreld kon vlieg
Ek was internasionale nie meer vasgevan
In die eiland van haat en geweld nie
Dit bestaan wel maar my wêreldvisie
Se deurtjie was vrylik oop
Waar deur ek die tonnel van liefde kon sien.

15/03/2005