1.             DIT IS NIE NET DIE PIL NIE

Dokter ek se weer dit is nie net die pil nie
Dit mag dalk hallusinasies help stop gebeur
En sommige delusies help beheer
Maar die newe effekte is baie meer
En daar is geen gesondheids plesier nie
Net ʼn bedwelmde wrak wat deur sy slaap gluur
So uit onkunde kom geen gestremde reg nie
Mens moet jouself ken en jou kondisie ook ken
Jy moet weet om jou heeltemal te beheer en wie jy regtig is
Dit is nie net om jou spanning te verlig nie
Dit is nie net om jou vroeë waarskuwings tekens van vervaling te ken nie
Maar jou holisties en jou ontwikkelende funksionaliteit te ken
Dit is hier waar ek my multi modale sielkunde vind
Want dit pas holisties aan en is meer as gedrag's sielkunde
Dit is van industriële, sosiale, ontwikkelende, kliniese, neuro tot paranormale sielkunde
Daar moet holisties wyd beide van buite en binne gebou word
En dit beteken nie net suiwer sielkunde nie
Dit sluit die kennis van ander dissiplines soos dieetkundiges
Dit sluit ook minstens helfte die kant van die persoon self in
Want Freud het self gesê die pasiënt weet die ander vyftig persent
So moet ons leer buite en binne om ons self te bou
Soos ʼn groot eie Johari venster wat jy moet goed dophou
En jou en ander se terugvoer gedurig moet verwerk
Weer soos iemand wat weer leer loop
Want jy moet reg weer lewe en reg eet
Jy moet jou fisieke toestand nagaan en gedurig toets
Jy moet nooit dat terugslae jou laat moet opgee nie
Die begin van die oplossing lê altyd by jouself en nie ander nie
Die ander kan nie ons wil na ons lewens water neem nie
So kan ander ook nie die Heilige Gees na ʼn ander bring nie
Want hulle is nie so perfek as die Heilige Gees in jou self nie
Maar ons moet self leer om daar water te drink
Dit lê net in die individu se eie binneste
En jy sal dit in daardie persoon se vrugte en bloeisels sien
By water humanistiese fontein hulle wel gedrink het
Want soos my CREATO is die mens ʼn selfskeppende wese
En sy bestaanswyse sal bepaal of hy of sy haatlik of liefdevol was.

14/10/2005