7. DOKTER GABER

Elke seun het sy wolhaar hondjie gehad
Sy bekkie is vol vlymskerp tande soos naalde
Terwyl die groter kind hande het wat voorwerpe kan vas hou
Maar soms wen die diertjie teen die wonder van hande
Maar daar is ook die keer wanneer dinge te rof raak
En die diertjie homself vererg en dan die hande raak byt
Die kind vererg homself toe ook en byt bewonder toe terug
Sy ma sien die bloed loop en vlug toe dokter toe
Hier sit die geneesheer bewonder en die storie aanskou
Na ʼn kind wat met sy eie tande die hond ʼn les geleer het
En die bloed was nie die kind sinne nie
Hy het maar net ʼn paar skrape aan die hande
Maar dit is die hond wat met ʼn stukkende oor sit
Nou moet hy die kind behandel vir die hondsdolheid
En dit was nie eintlik die hondsdolheid nie
Dit is maar min dat ʼn kind ʼn bekgeveg met ʼn hond wen
Nou bekgeveg die kind liewer met poësie,
Die rou hond smaak te sleg.

25/10/2004