15. LAERSKOOL EDLEEN

Skool is somer loopafstand van die huis af
En net ʼn bietjie verder vir ʼn vriend
ʼn Vriend met moeilikheid by die huis
Dit was meer as wat sy klein boetie gehad het
Toe hulle die teengif pille na my huis toe gestuur het
Sy moeilikheid was ook te vinde by sy ouers
My moeilikheid was beide die van haat apartheid
En die gedurige konflik tussen my ouers
Maar die gedurige mense haat het my die meeste af geknou
My vriend wil alleenlik net die huis uit kom
Maar ek wou graag die haatlike land uitkom
Dit was die rede dat ons nie kus toe gegaan het nie
Ek het gemik vir die grens en dit al by standerd drie
Ek wou saam met ander mense vry wees en speel
Die soort speletjie wat vry was van broeder haat
Die vrye wêreld van mense regte wou ek in
Want soos my skepper het ek ook die wêreld lief gehad
Ons het ons roete lank en fyn beplan
Maar die “D” dag was so skielik soos my vriend se gemoed
Vandag besluit hy hy loop en gaan trek toe sy geld
Inderhaas pak ek die blikkies die rugsak in
Maar kaalvoet vergeet van my kortbroek en skoene
In die bitter koue hoëveld Junie maand
Wie ken nie die ryp in Kempton Park se veld
Dit het amper daardie nag ons lewens gekos
Ons het oop en bloot in ʼn gebrande veld geslaap
En moes bewend ʼn oggend vuur maak om te kan loop
Die volgende twee aande buite Pretoria was slimmer en warmer
Dit is waar ʼn heer ons toe oplaai Potgietersrus toe
Hy dink hy doen ons en die wêreld ʼn guns
Die aan spandeer ons in een van my oom se volk se leë huisies
Terwyl hy en sy kinders werk naby op die plaas doen
Hulle het glad nie geweet ons was eers daar nie
My vriend wou nie luister nie
Hy wou nie wag dat die skool eers uitkom nie
Hy wou nou dorp toe en nie meer wegkruip nie
Die verkeerspolisie het toe ook nie weggekruip nie
Net voor skool en die dorp laai hulle ons op
En neem ons direk polisie stasie toe
Waar ons ons harte uitgehuil het
Hulle troos ons toe met koue koeldrank
My verbaasde oom was eerste om te hoor
My ouers hou toe opsoek in grootstede en hawens
Die ou gemerkte padkaart was toe vals
Net soos die land en mense daar die tyd vir my was
Ek was bang dat ek ʼn dodelike pakslae gaan kry
Eer van die polisie en dan van my pa
Maar die liewe Heer het ʼn beter plan gehad
Hy het my verstaan en liefde en woorde is toe uitgeryk
Die naweek daar na speel ons al twee skaam skaam
Met die selfde polisieman se twee dogters
Op ʼn skielike uitgenooide troue op dieselfde plaas
En Suid Afrika behou sy weggooi liefdeskind.

22/02/2005