31.            EGSKEIDING

Winklespruit my ou geesteskamp
Hier het die ramp my ouers ook laat strand
Want hulle het lankal hel met mekaar gehad
Terwyl ek hier bid en Bybel lees op die strand
Het hulle per telefoon hulle skokkende egskeiding gedeel
My familie fondasie was weg al was dit stormagtig
En ek moet nou ook met my eie lewe begin sonder ʼn basis
Selfs my ma se predikant kom vra my
Wat ek op agtien dink wat met die egskeiding moet gebeur
As of dit saak maak moet dit my nog verder tormenteer
Terwyl die weermag my met hulle ope arms wil ontvang
Want die dienskneg moet ook leer om te haat en vernietig
Dit was ʼn toutrekking tussen die Noorde en Suide
Al wat ek gesoek het was liefde en vrede
Maar so skielik het ek my pa se skoene gekry
My broer volg my soos ʼn kleintjie sy ma
Ek was vir alles keelvol en het vasgeskop
Ek was ʼn individu en my eie baas
En met my jeug wou nie die familie lei nie
Want ek wil nie beide se verkeerde kan kies nie
Ek wou nie toe die hoof van die huis wees nie
Want al gee jy niemand luister na jou raad nie
En ek wou nie eindig met “Ek het vir jou gesê nie”
Want van die sielkundige oorlogvoering het ek genoeg gehad
En so sonder ek my ook af as ʼn staatlose kind
Terwyl die ander hulle families en huise het
So het ek die matriek eiend eksamen geskryf
En ek die graad net net geslaag
Seker net om van my ontslae te raak
Want ʼn haatlike soldaat was brood nodig
Baie van my vriende se families het later ook om my geskei
Dit was vir my soos net ʼn ander haatlike siekte
Ek wou nooit ʼn vrou gehaat het wat ek moet later skei nie
Daar om is ek seker vandag nog alleen.

17/03/2005