44. FONTEIN VAN VUUR

Ek het ook die verkenningsvliegtuig se versiening gedoen
En het by my gereedheidskans aangekom op my klein trekkertjie
Die oorspronklike wapenmonteur was op verlof of ʼn kursus
Dan moet ek na hulle vliegtuie en skanse ook kyk
Ek het mooigesien hoe die verkenningsvliegtuig hom gereed maak vir opstyg
Hy het sy motor toetse op die punt van die aanloopbaan gedoen
Maar toe hy vertrek spuit daar twee fonteine hoog bo hom uit
Eers buig die wit-grys brandstof na die stert toe
En toe word dit ʼn brandende wolk wat die aanloopbaan afkom
My maag word hol want ek het hom nie sien uitskiet nie
Maar hy kan ook nie op die hoogte nie want die stoel was nie daarvoor toegerus nie
En ek het net daar geweet ʼn vliegtuig monteur se nek gaan omgedraai word
Want ek onthou nog daardie T-stuk toerusting wat hulle met die brandstof tenks gebruik
Om dit oop te maak en verseel het hulle ook gebruik
Om die een tenk se kant oop sodat die lug kan ontsnap
En die dag seker met haastigheid was die tenks nie verseel nie
Die vlieënier was glo so vinnig uit sy kajuit
Die vliegtuig het glo nog nie behoorlik stilgestaan nie
Beide hy en die vliegtuig het dit oorleef
Dit was maar net nog ʼn dag by Twee Eskader.

22/05/2005