55. GOUE DIGTER

Hulle sê nog dit is nie my werk nie
Oordat my brief se skrif nie so goed was nie
Toe kom my goue digters prys ook in
Uit ʼn boikotte Amerika word ek gesoek
ʼn man in ʼn lugmag uniform
En ʼn land onder ʼn kulturele boikot
Na ʼn Hilton hotel in Washington DC wil hulle my stuur
En voor hulle nasionale televisie mense plaas
 Maar toe word ek net in die plaaslike koerante vir eer
Niemand was bereid om my te borg nie
En Panam vlieg toe net uit Engeland
En die Hoof van Personeel was bekommerd
Dat ek oorloop met ʼn groen kaart
So word ek weer terug gehou
En my talente in hulle jonkheid gesmoor
Hulle se ʼn digter kan nie ʼn land red nie
Dan se die digter wanneer was die groep ooit reg
Was dit nie altyd die individuele held wat die groep red nie
Want wie was die profete en Christus dan
Wie was Daniel en koning David
Was die psalms nie gedigte nie,
En het hy nie die volk ook gered nie?
Nee wat mense die digter doen net wat van hom verwag word
Die Skepper sal vir my besluit
Of die digter ʼn volk of homself moet red
Hy is nie van die wat vir die Skepper voorspraak doen nie
Want hy is nie naastenby alreeds ʼn god nie.

29/09/2005