1. GRENSDIENS

Hulle hou my ver agter die voorste linies
Sekere tipe wapenmonteurs is nog meer kosbaar
Veral die wat kan werk met die nuutste missiele
So word ek toe maar of Grootfontein gehou
Saam met die beste vegter en bomvegter vliegtuie
Dit is ook hier waar my verjaarsdag vier
Sommige plaaslike mense wat soms withandskoene gedra het
Vir ʼn ander broederlike rede as die Suid Afrikaanse Lugmag
Het my prontuit sommer vroeg oggend by die basis kom haal
Dit was Windhoek toe, Tsumeb toe en selfs Otjiwarongo  toe
My swart strik das en formele swart menasie pak was ʼn blanko tjek
Soos met die groot trok vol plofstof gaan ons twee alleen Ondangwa toe
Ek het dit oorweeg om uit te spring as om die plofstof te verdedig
Maar met die hoeveelheid op daar die trok kan jou met afstand uitwis
Selfs hier op Grootfontein is ook bomme gehang
Die duisend ponders op die ou Engelse bomwerpers
En nuwe bomme op die Franse vegvliegtuie
Terwyl die ander probeer in bomskuilings wegkruip
Vir ʼn gevreesde lugaanval op die basis wat toe ewe skielik lugafweer gehad het
Ek was vroeë daar vir ʼn hele grensdiens toer en het nog nooit dit so beskermde gesien nie
So het die wapenmonteurs almal onbeskud met die bomme gewerk
Een het wel seker gemaak die werkende dele was goed aanmekaar gesit
Want as hulle foutief was het die vyand nie ʼn lugaanval nodig gehad nie
En was ons ook dan so by gereken by die statistieke
Die haatlike statistieke wat die politiekery nie wil raak sien nie
Wanneer hulle generaals flanker met die diplomatieke ander kant
Terwyl ons entlik ons vriende so gemoedsrus met haat vermoor
En sterf vir iemand anders se ideale droom en vrees se wat nou partytjies hou.

26/06/2005