21. HOERSKOOL JEUGLAND

Wat my ouers ooit begeer het om my in die skool
Te plaas weet net die duiwel alleen
Dit was niks kort van ʼn basiese militêre kamp nie
Die stilte en geweld was ons in gedril
Inligting oor ons Mede student moes ons verskaf
Ek onthou nog die een besondere klas
Waar die geweld monster ons agtergelaat het
Met die woorde “Julle sit en bly stil”
Dit was meer as ʼn half uur
En by standerd ses was almal nog bloedjonk
En spoedig was amper almal aan die praat
Maar ek het toe al haat en geweld geken
En het maar alleen stil gesit en stil gebly
Die wraak duiwel het wel later teruggekom
En al die sondiges verys om optestaan
Ek was die enigste een wat bly sit het
Die meisies was aangekla en die seuns gefoeter
Maar vir die wysheid was ek nie populêr nie
Al kon niemand ʼn vinger na my wys nie
Het hulle vingers my wel alleen uitgesonder
Dit is ook hier waar my ouers besluit het
Dat daar fout moet wees omdat ek nie presteer nie
Ons soek toe professor Sonnekus op in Pretoria
Hy het navorsing op ouer kinders gedoen
Maar in my jeug het ek toe al die mas opgekom
Ek was volgens hom baie intelligent en kon ʼn ingeneer word
Vir een of ander rede het hulle geglo ek het disleksie
En word toe aan ʼn tegniese skool voorgestel
Al hoewel ek in my latere lewe meer akademies voorkom
Het die tegniese skool my toegelaat om my gevoelens te verskuil
Die praktyk en tegnologie was baie interessant en nie polities nie
Dit het op ware natuur wetenskappe gewerk
En my aandag was altyd om iets konstruktief te bou
Maar nie om ʼn land van haat en geweld te bou nie.

24/02/2005