51. HOOF VAN WEERMAG STAFF

Ek kyk met groot hoop in die rigting van die beskawing
Hoedspruit ek verlaat jou, Drakensberge ek verlaat jou
As ek julle kon saam neem sou ek maar ek gaan terug huis toe
Die klein Lugmag dorpie waar die wild jou gevange hou
En die mooi tuine van troos ek gaan terug stad toe
Na die beskawing waar ek groot geword het
My ruitverwysing lees net HWS en ek ken nie die afdeling nie
Maar ek ken die stad Pretoria en dit is ook nie ver van Johannesburg nie
Hulle verwys my eers na Hoof Staf Personeel se kantore toe
Maar hulle RSM stuur my weg na ʼn plek in Potgieter straat
Ek het amper gedink my aansoek by die korrektiewe dienste het deur gekom
Want die kantoor grense met Verdedigings Hoof Kwartier se grense daar die tyd
Dit is hier waar ons grootste generaals in hulle kantore sit
Dit was duidelik vir my ek was nie meer in die Lugmag nie
Ek was nou deel van die hele Weermag en die wêreld het vir my oop gegaan
Daar was nie meer daardie twis wie die beste weermagsdeel was nie
Hier werk jy as ʼn span saam in ʼn eenheid wat min junior soldate ken
Daar was baie meer vryheid vir die individualis en sy holisme
Hier vind die globale prentjie baie meer sin
Maar die personeelbestuur bly net personeel administrasie
Hulle hou my bevordering terug omdat ek so geremmuster het
Maar die student was nog gefrustreerd en wil leer
Hoe die hele wêreld internasionaal in een sit
Want die eenkant van haat verstaan hy glad nie

29/09/2005