1. JOHANNESBURG

Dit was ʼn koue reënerige nag by die Mary Mount
Dit was 1963 en die plekkie was propvol
Dit was 27 Junie en hy was die eerste geborene
Dit was allergies en was opgebring met Carnation melk
Dit was honger en toe al vol pap gestop
Dit was vol winde wat hulle nie verlos het nie
Dit was met ʼn hoed op ʼn landwye foto
Dit was ʼn droom wat die Skepper gegee het
Dit gryp ook toe sy doop bakkie vas en doop die dominee
En dit het toe sy naam na die dominee gekry
Hulle noem hom nou die spies van liefde
Terwyl die sneeu reg oor die land lê
En sy ouers maar onder ou koerante lê in ʼn agterkamer
Hy ken die legende van ʼn groter een as hy
Dis die Een waar die ster van liefde skuil
Maar daar sal mense wees wat ons albei sal haat
Maar ons staan op vir die grootste gebod
Hy het Sy lewe vir ons almal gegee
Daarom kan hy myne ook neem.

30/09/2004