72. KOPSTAMPE

Daar was ʼn paar sulke ervarings wat mag tel
Die eerste gevaarlike een was toe ek uit ʼn seringboom geval het
Sy swak takkie het vir die kind bo in die boom weggegee
En hy het met sy kop vooroor eerste teen ʼn lae muur geval
Later het hy met ʼn tuinslang langs die swembad hoog gespring
Deur om al hoer in die swembad te duik wat jou kop nader aan die kant bring
So het ek die seer les geleer en my kop so teen die kant gestamp
Later as jongman vol lewe en slimmer as ervare mense
Was dit my beweging om met twee spronge
Van die tweede verdieping se trapies afgespring
By dertien The Aloes in Mondeor as iets my onder vinnig soek
Die trap het in S vorm geloop waar van een gedeelte onder die boonste vlak was
SO het ek met my hoogste sprong my kop daar teen gestamp en met die rug
Die trappe afgegly onder toe en dit was die laaste keer van die beweging en kopstampe
Maar nog vir jare daarna was ek vir almal net normaal en my stille self
Daar die stilte van weerhou van die haatlike wêreld wat my liefde nie kon sien nie.

09/10/2005