5. LIGGIES IN DIE NAG

Daar is ʼn pretpark in die kinderkamer
Terwyl die donker bange onder die komberse wag
Nou en dan kom die periskoop uit
En hou die nag liggies vaagweg dop
As die stilprentjies in die ronde draai
Soms flikker die ander lanterntjies
Die periskoop word uiteindelik moeg
Die droom duikboot duik die donker water in
Waar die vrome drome hulle visse vang
Dan spring iets van nêrens op die bed
Die duiker se asem word diep op gehou
Al die periskoop alarms gaan dadelik oop
En die torpedo bene en arms word reg gehou
Soos ʼn vreemde sonar purr die indringer
Die kind dink die kat moet dood
Terwyl die pretpark die matroos troos
Totdat die son opkom en land gewaar word.

22/10/2004