70. MEDIESE RADE

Ek sit alweer voor die drie dokters
Hulle vrae my weer die persoonlike vrae
So het hulle my eers die donders in gemaak
Want ek behoort  onder die goeie vlag
Die liefdes vlag van Suid Afrika
En word nou as ʼn gestremde beskou
En eers word dit as ʼn saamswering
In my vroeë dae beskou as wettige vergiftiging
En om my hande van die’ pen te weerhou
Want my bewussyn het mos ʼn knou gekry
Terwyl my dulsies hulle eie verskyning maak
Maak my ander spoke ook maar gereeld hulle sin
 En so word ek maar finaal van die werk geraad
Want die sameswering was vir my te groot vir my vlag
Ek wil nou gaan vrede soek die buite wêreld se vlag van liefde
Dan mag die’ spoke ook saam stil word want hulle is van my ontslae
So vrae die ander drie nuwe dokters my weer
Terwyl een my ʼn deeglike gesondheids ondersoek gee
En so stuur hulle my op ses maande betaalde verlof
Omdat ek nooit verlof gevat het nie en ʼn jaar sin
Wel so opgehoop het met liefde om mense te beskerm
omdat dit het nooit oor my eiemensdom gegaan het nie
En so finaal by eiende November 1999 laat hulle my gaan
Ek gaan op pension ʼn jaar voor my vader se vervroegde aftrede
Maar volgens my uitgekoopte medies is ek nog ʼn soldaat van liefde
Ek het so ʼn mediese soldaat geword
Ek het so ʼn privaat soldaat van liefde geword
Ek veg nou vir geestes gesondheid
Ek bestudeer my eie kondisie deeglik
Ek leer nie net van die bitter pille nie
Ek bring my eie sielkundige medisyne
Ek leer nou die kennis van die liefde van die lewe
Ek leer by dokter Frankl hoe om te oorleef
Ek leer weer om die hoeveelste keer om weer opgestaan
Ek vergewe selfs my vyande en so word my liefde gesond
Ek skryf my gal so uit aan die Skepper
Ek kry die hele mensdom en my medemens weer lief
Selfs die wat my aan daardie bitter gal jare laat drink het
Ek los met my wysheid net die gedagtes na
Want die herstelde soldaat wil net vrede en liefde bring
So met ʼn nuwe liggaam staan die liefdeskind weer op
Hy was net vir die oorlog van liefde bo haat gemaak
Nou weet ek wat ʼn holisties soldaat werklik is.

08/10/2005