37.       MEGANIES OF ELEKTRIES WAPENMONTUER?

Basiese opleiding was lankal verby en die geskree het nie opgehou nie
Ons word vervoer na die menasie van die skool van logistieke opleiding
Waarvandaan ons gemasseer word na die Lyttelton se tegniese kollege
Hier word ons ingedeel in ons vakleerlingskappe wat sekere vakke benodig
Ek staan gemoedsrus saam met al die meganiese mense
Ek was mos al van vroeg af ʼn passer en draaier of ʼn gereedskapmaker
Maar my naam word nie uit die geledere gelees nie
Die skok slaan my keel toe “Hulle het my afgekeur – hier kom die leer!”
Dit is net waar die elektriese vak-heer nader kom en sê ek soek jou
Hulle moes ʼn fout gemaak het ʼn elektriese wapenmonteur?
Die ander waarby ek gestaan het was dan almal meganies
Hoe moet ek nou opvang met die eg en vordere elektriese mane
As hulle jare se elektriese teorie voor is
Met die agterstand behalwe vir my menslike oortuiging vorder ek nie goed nie
Ek voltooi daarem my praktiese term in die werkswinkels
Hierna kry ons klas as wapenmonteurs self by die Skool van Logistieke Opleiding
Dit was net wapen teorie wat by my ore uit loop
Van ons vyf studente kan dit al met ʼn blind doek doen
Dit was hoofsaaklik net plofstof en alles was net meganies
Die missiel teorie het ek later op my eie ontkoste met langafstand studies gedoen
Want hier het die meeste meganiese mane net hulle arms gevou

30/03/2005