62. MEJ WILSON

Ek het haar die eerste keer in die personeelkamer gevind
Dit was ook daar waar sy my liefdevolle hart gesteel het
Terwyl sy kommunikasie as hoofvak by UNISA gestudeer het
Ek het haar ʼn plekkie in die kommunikasie afdeling help kry
Sy was vir my te dierbaar om so te manipuleer as ander om net te vry
So kon ek nooit vir haar se hoe lief ek regtig vir haar was nie
Ek het haar deur my teerheid skokkend verloor aan ʼn ander
Want my liefde het sy nie herken nie en net gesê ek is nie reg vir haar nie
Dit het my hopeloos in die diepste pyn van my lewe gedompel
Ek moes sien hoe my ware liefde reg voor my oë verdwyn
Want sy was te dierbaar vir my en sy het dit nie geweet nie
Want vandag skryf ek nog steeds my woorde in die pyn
Die aalwyn word weer voor my en ander oë gedoop
As ek kon sien hoe die gewone liefde meer tel as die ware liefde
Ek het my pyn uitgeskree met die pen om die wreedheid uit te baken
Dit was net as bewysstuk gebruik om my verder te vernietig
En daar was toe glad nie meer vertroue in eerlikheid nie
Hulle se vir my ook duidelik sy is gif vir my
En sy se net ek wou net met haar slaap
Min weet sy my liefde dat sy was te dierbaar daarvoor
En dit moontlik die rede was dat sy nie meer in my liefde geglo het nie
Vir my was ware liefde baie meer as om net met ʼn meisie te slap
Maar nou bly my liefde vir ʼn meisie in die dors vir ʼn bitter aalwyn
En so bly ek eerder eerlik aan liefde as met die gif se wyn
Ek het nie meer omgegee wat ander meer dink nie
Want my lewe het ek voor die wat haat geplaas want dit was nie meer iets werd nie
Want ware liefde is nie blind nie dit kan tussen ander onderskei
Net soos die Skepper dit wil hê al is die wêreld bitter daar oor
Want voor jou het ek nog nooit in my hele lewe met iemand geslaap nie
En met al daardie bitter woorde kan my hart nou net liefde vind
Want as ek nog staan dan wil die Skepper se liefde dit nog so hê.

04/10/2005