60. MENASIE

My kamer was vol geestewetenskap boeke
ʼn bed, ʼn tafel, boekrak en ou rekenaar
Daar onder ander het ek die meeste van my kluisenaar tyd gespandeer
Of die boek het saam met die kluisenaar gegaan na die leë sitkamer
Wat die ander jeug te opgetooi en onbruiklik gevind het
Een meisie het toe eens gedink ek was ʼn perfekte engel
Wat nie gerook het of gedrink het nie maar
dit was omdat ek nie ʼn behoefte daar voorgehad het nie
Nog minder het enige een my nooit regtig gehoor vloek nie
Of mense sonder duidelike redes net sleg praat nie
Maar toe die meisie die mens as ʼn engel wil prys
Is ek as mens net daar kroeg toe en bestel net een drankie
Net om te wys dat ek soos ander ook ʼn mens is
Ek was ook op ʼn tyd deel van die menasie se komiteelede
So het ons agtergeblewenes Nuwejaar voor die vuurwerke op die dak gedans
Die selfde jaar wat die RSM sy groot visdam by die duer gebou het
En met die menasie president se vloot hoed agter my
Was ek ook die eerste een wat in die visdam geswem het
Maar ek het nou nog die litteken op my been
Menigte van sy rose het ook so verdwyn
En een meisie wie vandag ʼn prominente kunsenaar is
Se ou Volkswagen Variant se venster was so verryk
Die nuwe intrekkers was deur ander altyd gewaarsku
Om so verweg as moontlik van my weg te bly
Omdat ek so moeilik en belese was
So het een verkennings lid my eendag gevra
Om ʼn ander moeilikheidmaker van hom weg te hou
Maar sonder dat hy weet het ek ook dieselfde daar oor gevoel
En wou hom some summier ook gaan wys waar die uwe bly
Maar nog was ek eerlik lief vir almal en ʼn egte vriend
En wanneer sommiges dit waag miskien ook ʼn bron van wysheid.

29/09/2005