29. MERYL

Die jong niggie het baie van my toe gehou
Maar sy was familie en onskuldig
Ek was nog maar ʼn tiener
En sy het ʼn uitsonderlike belangstelling gehad
My dierlike instink wou bloedskande teweeg bring
So baie ander sal daarvoor kan ingee soos die wat dit vermoed
Maar my menslike morele en kognitiewe behoud het wel behoue gebly
Dit was net jammer op die einde dat my ouers se egskeiding
Ons vriendskap deur onsekerheid laat opbreek het
Want van die familie was sy tog meer in my hart
Maar die weermag het toe my ook baie besig gehou
Die een wat ek wel in die oog as meisie gehad het was Karin
Maar was ons van kleintyd vriende was ek te skaam
Haar ma was van skooldae af my ma se beste vriendin
En so was Karen myne op my ouderdom
Maar sy en my stiefbroer wou iets aanvang
En het die toesighouer probeer dronk maak
Maar hoe meer hulle my laat drink het
Hoe meer hou ek hulle sober dop
Later is ek weer te skaam met ʼn Brits se meisie, Teresa.
Haar pa het ʼn sitrus plaas gehad en sy was verlief op my
Maar weereens was die wêreld te groot en ek te skaam
Die lewe kon anders gewees het as ek nie so skaam was nie
Maar die wysheid kom meestal by mens met ouderdom
Ek het eers in my dertigs die eerste-keer met ʼn meisie ʼn verhouding gehad
Maar wat ek meer mis is die liefde en ondersteuning deur my familie.

16/03/2005