49. ‘N KOLONEL STORIE

Dit was met die kliniese sielkundige raad
Omdat ek my in ʼn geweldige toutrekking onder vind
Tussen my ouers se verwagtinge indien nie familie nie
Kom doen professionele advies verder afbreuk aan die ouer en familie se bande
So word dit met trane in die oë en seer hart gedoen
Ek was reeds alleen en nou was ek heeltemal alleen
Maar my ma wil nie tou opgee nie
Eers word die seniors ingespan
Ek stuur hom na my sielkundige toe
Toe word die kapelaan ingespan
Ek stuur homo ook na my sielkundige
Toe kom daar die verskriklike brief vir kolonel Clark daar aan
Die basis bevelvoerder roep my dringend na sy kantoor toe
En trap my uit omdat so ʼn brief na my gerig word
Ek verduidelik hom sy ken my rang sy het self al my wasgoed gewas
Ek stuur hom maar ook na my sielkundige toe
Want selfs so ʼn nuwe begin is moeilik sonder enige fondasie
As jy ʼn fondasie moet wees vir ander mense
Wanneer jy beide na jou en ander se onsekerheid moet verstewig
En die bietjie wysheid en beheer wat jy het nog veragsaam
Verloor jy selfs beheer oor jou eie vermoë om na jouself om te sien
In ʼn belangrike tyd waar jou eie lewe daar van afhang.

17/07/2005