41. ‘N MIRAGE VAL

Ek kan nie mooi onthou nie watter een dit was nie
Maar ek dink ek dink dit was ʼn Mirage III CZ met ʼn lae nommer
My Mede vakleerling wapenmonteer het sy heel eerste inspeksie op die vliegtuig gedoen
Hy was nog hoog in die skik met homself toe hy die nuus ontvang
En toe dring die nuus se verantwoordelikheid ook deur hom deur
Het daardie uitskietstoel gewerk, wie gaan aan die pen ry?
Daar was baie stilte in daardie leë skans waar ʼn leer op die grond gewag het
Daar was ook ʼn kransie veldblomme van die vliegtuigmonteur wat by die leer gele het
Met so ʼn tipe begrafnis wil ʼn mens nie jou loopbaan begin nie
Dit is eers daar na dat die wapenmonteurs met verligting almal sig
Die uitskietstoel het gewerk die vlieënier leef
Maar die onbekostigbare vliegtuig lê in stukkies in die bos
En Nou sweet net die ander vakleerlinge en hulle toesighouers
Saam met die vlieënier voor die raad van ondersoek
Die wrakstukke word aangery na ʼn groot skans toe
Waar alles netjies gemerk word en uit gepak word
Soos my gedagtes wat nie meer wil saam vlieg nie
Want die vlerke en hulle enjins was al oor ʼn dekade oud
En ek vier saam met hulle my geboorte jaar.

15/05/2005