8. ‘N NUWE BROER

Ek onthou jou nog met jou naelstring
Terwyl hulle jou uitkamp op ʼn rooi kombers
Jou kamer was by die gang af langs die hoofkamer
Ek was naby die voordeur waar ek buite kon speel
Nog het die aaklige klanke van die hoofkamer my gevind
Met die stoeierige baklei is my naam hard uit geroep
Wanneer ek by die hoofkamer se deur
By die klien bo venster antwoord
Het my pa se kwaai stem my na die kamer verjaag
Ek het maar in die middel van die gaan gesit
Ek kan nie onthou of ek gehuil het nie
Ek kan net onthou dat ek diep gedink het
Ek het so geleer om te redeneer oor dinge wat opkom
EK het die denker op die ronde klip geword
Die aarde se probleme het my boude plat gesit
Dit is die toutrekende strome wat daar gewaar word
Net die redenasie kon die antwoord vind
Want beide kante se waarheid was erg te min
En daar kan van verskeie punte net een waarheid wees
Dan is die waardevolle waarheid ook net myne
Maar dit is die waarheid waarop ek reageer
So het ʼn sielkundige my ook geleer
Om by so ʼn toutrekking vêr weg te bly
EN dat my redenasie my behoud is
Ek sal maar min instinktief reageer
Meestal selfs onder druk sal ek die denker wees
Wat nou self my liefde wil uitredeneer
So het die oudjongman ʼn alleen man geword
Die antisosiale gedrag het skisofrenie geword
En nou soek ek denkend na my instinkte
Om alles te ondersoek en net die goeie te behou.

25/10/2004