54. ‘N PRYS IN DIE DONKER

Hulle kry toe skaam vir ʼn korporaal
Niemand het so skaam gekry vir Beethoven nie
Maar eerder as my vermoë te herken
En daardie duidelike talente te laat ontwikkel
Kry ek die prys tussen die donker dreine
Waar ons potjiekos hou in die agterplaas
Van die ou museum in Potgieter straat
Hulle het eerder gevoel ek was ʼn belediging
Maar moet gedwee die korporaal sy prys oorhandig
Die kolonel gee ʼn bewerige toespraak
Toe gee die jong “Toastmaster” ook syne
En donneer die klien prysgeld as ʼn prys
Aan generaal Gleeson van HWS
Maar hulle wil nie glo dit is my oorspronklike werk nie
As hulle maar net geweet het ek het die stuk baie verkort
Maar sy brief se vir my daar is reeds so ʼn prys vir innovasie
En die brief en prysgeld word weer vir my oorhandig
Maar nog wil hulle die korporaal nie ʼn kans gun nie
Ek kry die donkerte as ʼn prys
Want so word ek in die donker gehou
Meer as ʼn verleentheid en moeilikheidmaker
So word hy eerder ʼn teiken en seergemaak
Miskien sal hy ook nou soos hulle kan haat
Maar hy deel nie hulle apartheid nie
Ek het nie my rang vir myself gegee nie
Ek kan ook nie help ek het sulke talente nie
Ek mag seerkry en skree van diep pyn
Maar ek sal hulle nie haat nie
Want as ek iets moet haat is dit haat self
En nie vir my liefde vir die hele mensdom nie

29/09/2005