40. NA HOEDSPRUIT

Met my punte het hulle oorspronklik gesê ek kon kies
Want ek wou Waterkloof toe maar ek mag nie
Hoedspruit het ook slim mense nodig word daar gesê
So het my familie nog verder uitmekaar gespat
Terwyl my basis en voete nog broos was van jonkheid
Daar was maar bitter min ondersteuning vir my daar die tyd
Met die Capo se skoene waar in ek so regop moet staan
Nou moet die skoene in die ooste gepolitoer word
En ek was nog nooit in my lewe op die plek nie
Ek weet net dit is waar ons vegvliegtuie is
En dit diep in die bosveld is weg van enige beskawing
Daar was glo ʼn verlore oom wat boer by die poort
Hy het die wêreld met saad en mango’s voorsien
Maar die weeskind hou nie daar van om altyd wees te wees nie
Maar hoofsaaklik hou hy hom by die Lugmag se menasie
Wat al die range se geboue met sement paadjies verbind
Terwyl jy van een na die ander deur die bos moet loop
Die plek was wel mooi maar die kort aan infrastutuur was vreemd
So was ek hier van my verlede en familie geskei.

15/05/2005