57. ONDER DIE VYF MOELIKSTES

Die Inspekteur Generaal se Brigadier de Ridder
Het ʼn lysie van die vyf moeilikstes gehad
En in daardie lys was Eslsè Waldemaair end die digter
Die twee was ook baie goeie vriende
Gedurende die tyd wat ek by die dienskamer gewerk het
Het die interne ouditeure my geoudit nie
Want hulle weet die moeilike mens was regverdig
Want hy het baie moeite gedoen om die werk reg te doen
Sonder om enige persoon te kul
Want die klerk het hulle vertrou
En hulle het geweet moet nie met hom mors nie
Want hy hou homself en hulle by die wet
Waar aan ons almal onderhewig is
Selfs die hoes was onderhewig aan die wet
Dit was net as verteenwoordiger van die wet
Dat hy so moeilik was
So ook het ek vir Else geken
Want ons het net ons werk reg gedoen
Want om opreg by die wet te hou is nie maklik nie
Selfs ook nie om so ʼn klerk in die dienskamer te wees nie
Want die opregte individualiste kan jy wel vertrou
Want hulle behoud is eerlikheid en die waarheid
Hulle hoef nie daarvoor te buig en weg te kruip nie
Min kon die werk in so ʼn mate doen
Daarom was ons net vyf op daardie lysie.

29/09/2005