47. OP DIE VLOER

Eers plaas hulle my by die onderskeppende vergvliegtuie
Daar staan altyd drie gewapende drake in ‘n lyn
Wat net die aanloopbaan hoe af te pyl
Daar as ʼn vakleerling en wapenmonteur was ek alleen
Nou en dan het gekwalifiseerde hup gekom
Hulle verplaas my om die kanonne te versien
Terwyl ek ook na die verkennings vliegtuie kyk
Dit was fisiese harde werk met baie chemikalie
Hulle verplaas my weer na die missiel seksie toe
Daar vind ek my alleen in ʼn koue stof digte lokaal
Met ʼn elektroniese toetsbank van lasers tot robot meganismes
Hier op die toets bank leer ek myself om die Apple 2E komper te programmeer
Ek kon met my program my produktiwiteit bepaal van die toerusting wat ek toets
Die basis sielkundige Kaptein Visser toets my oor my aanpassings probleme
En sê vir die hooggeplaastes ek moet eerder met mense werk
So groet ek Twee Eskader en die Lugmag se direkte beheer
En sluit my as wapenmonteur wat nou ʼn personeel klerk geword het
direk aan by Verdediging Hoof Kwartier onder die generaals
Hier het ek my eerste Hoof van die Weermag ontmoet soms op die trappe
Het generaal Geldenhuis my gevra hoe dit met my gaan
Terwyl ek met lêers vir Hoof Staf Operasies rond gehardloop het
En selfs soms vir Hoof Staf Beplanning en ander afdelings
Of Hoof van Weermag Staf se Direktoraat Staf Dienste waarvoor ek gewerk het.

30/06/2005