45. OPERASIE THUNDERCHARIOT

Dit was ʼn koue inter en ʼn baie nat Kimberley
Blykbaar het die infanteriste wat deel was nog kouer gekry
Ons was kamstig die vyand se Mig 21 vegvliegtuie
Blykbaar was ons vliegpatroon baie die selfde
Die Suid Afrikaanse lugmag was eintlik in Upington geleë
En die Leermagte het tussen ons gelê in die veld
So bly ons langs die nat aanloopbaan in koue tente
Die seil opslaan bedjies skeur maklik weens hulle ouderdom
Hulle word bo met dik koerante gestop sodat die koue nie inkom nie
Die gedurige koue en reën wind het ons erg bevries
Ek dink ons was nader aan Siberië as Suid Afrika
Maar daar word baklei onder die grondbemanning
Dit was om manne uit daardie warm kajuite te kry
Die ander lê agter die warm rompe en vlerke wat as windskuilings dien
Maar met die laaste dae het ons Siberië warmer geword
En die sogenaamde Mig 21 eskader het inisiatief gehad
Wat seker die Lugmag lank daar na verskrik gehad het
Die hele eskader het nog vroeg voor daglig opgestaan
Net voor sonop vertrek die hele eskader na Upington
Die Suid Afrikaners het nog hulle gerus reggemaak vir ʼn nuwe dag
Toe die Mig 21’s hulle almal uitwis in hulle oggendsrus
Hulle probeer hulself troos met die Kaktus missielstelsel
Wat glo net twee vliegtuie kon uitwis
Agter hulle gordyne van stukkies glinsterende metaal wat ons kaf genoem het
Dit is miskien goed dat ons lugmag daar na nie te rustig geraak het nie

22/05/2005