13. PAKSLAE

Ek was een van die voorste studente
Toe kom die slagting van standerd een
Die spel toets word toe ʼn lewens les
In plaas van om ondersoek in te stel
In die geestesgesondheid van die kind
Word daar met geweld toe reg gemaak
Hulle glo mos hulle kan alles reg slaan
Want sonder hulle was Jesus nie gekruisig nie
Die onderwyseres het erg aan apartheid geglo
En ook aan een verhewe volk soner Jode
Waar van die onder geskiktes uitgewis moet word
Die nasie kom eerste en mens wees heel laaste
Sy slaan toe ʼn hou vir elke spel fout
Sodat reënboog wangetjies op my boude sit
Hier het die apartheid nasie my verloor
Want ek sit nie by Hitler nie
En ook nie dae op my boude nie
Van om te leer om hulle nasie te bou
Wil ek glad nie meer nie
Dit het alles op die dag gestop
Die wil om vir hulle te presteer 
Ek presteer net vir mense met ware liefde
Nie die met haat en geweld nie
My disleksie het soos ʼn weerstand gegroei
Het net genoeg gedoen om ongesiens deur te kom
En was toe stil stil ʼn weggooi kind
Elke keer as hulle my wil laat lei
Het my onder prestasie dit verwoes
Hulle wat haat en geweld pleeg gaan my nie oes
Van geestesgesondheid het hulle niks nie geweet nie
Sy was ʼn leraar op die pad van donker haat
En ek was die student van liefdeslig
En op die kruispad was ek vir liefde gekruisig.

21/02/2005