61. PARATUS

Hulle gee my drie maande kans
Terwyl ek uit Potgieter straat verkas
Na ʼn ander ou gebou in Paul Kruger straat
So word die algemene klerk ʼn joernalis
Dit verkleur verby ʼn verkleurmannetjie na ʼn akkedis
Want die vorige ervaring en leesstof was nou sy dis
As hulle moet in ag neem sy pryse van herkenning
Sonder opleiding behoort hy ook by die soort
Al is hy hoofsaaklik vir liefde vir die mens gemaak
En dat sosiale wetenskappe deur sy poorte gaan
Lê as wapen net ʼn pen en kamera in sy hand
Dit lê die ware feite van die lewe op die doek vas
Anderkant oorlogmaak en dokumente by hou
In ʼn koue spreekkamer of in die lug opkyk vir vyandelike vliegtuie
Is dit hier war hy die ware siel van die soldaat kan beproef
Dit is hier waar hy kan sien hoe sy naslaanwerk
In die praktyk moet ontplof in haat terwyl hy sy medemens lief het
Maar dit is ook hier waar die ware feite die wêreld ook kan laat ontplof
Want dit is hier waar sy morele en liefdes siel ook sy bestaan maak
ʼn siel wat met die mense se haat elke keer met pyn moet agter in die ry staan
Maar dit is met hierdie onderdrukking van haat waar hy sy ware Skepper ontmoet het
En die grootste gebod moet uitleef terwyl ander ander haatlike uitweë soek.

04/10/2005