66. PSIGIATRIE

Wie wil glo dat daar skort met sy eie menswees
Dit is mos ʼn belediging om te dink jou denke is opgeskort
Uit die oogpunt van ʼn ander se hande
Wat se hoek is jy dan hier?
Daar moet dan met jou fout wees.
Dit is net hier waar ek wens dat al my spoke was sigbaar
Hulle kan mos almal self dapper genoeg wees
Om vir hulle deel verantwoording te doen
Dan was daar minder grond vir bespiegeling
Van wat was werklikheid en wat was psigose
En wat was miskien ʼn persoonlikheid grensgeval
Daar na moontlik bipolêre versteuring toe paranosiese skisofrenie
So word ʼn hele mens skielik ʼn halwe mens
Almal gee jou daardie mal kyk agter die diagnose
En jy is skielik ʼn tweederangse burger
Jy het nou nie meer ʼn wettige se nie
Want almal betwyfel enig iets wat jy se
Want ʼn ander mens kan dit weg vat
En sê jy was nie by jou volle bewustheid nie
Jy mag nie eers jou medisyne weier nie
Hulle word jou wettige heerser
En sal dit in jou indwing
Al weet hulle nie die regte oorsaak nie
Weet hulle wel om jou te bedwelm
Dan het hulle ook nie baie hoop vir jou nie
Want hulle prognose is nie so baie goed nie
Jy word soos ʼn dier met Pavlov beheer
En so word self die uitermatige goeiegedrag
Buite jou kassie gedemotiveer
Tot daar die ding wat in ʼn hok moet gehou word
Waak ander mense dit vat meer as medisyne om weer reg te kom
Dit vat baie sielkunde om te weet jy het self limiete
Dit vat nog neer sielkunde om te weet dat die sogenaamde gesondes
Ook maar net onkundige mense is wat ook limiete het
Want anders sal ons in die toekoms nie meer kan weet nie
En dan was ons reeds as super mens al reeds perfek.

07/10/2005