75. SKISOFRENIA IN REMISSIE

Ek se vir hulle nou weereens dit was nie net die pille nie
Maar saam met medisyne van die minste newe effekte het dit wel gewerk
Dit was ook nie doellose delusionele introspeksie as ek van sielkunde verwys nie
Daar was teveel werklike dulsies daarvoor om verdwaal te raak
Maar elk delusie moet herken word met sy doel aangespreek word
Die oorsaak en vrese moet geïdentifiseer word van simptome na oorsprong
En dan eers kan dit verwerk en uitgeklaar word met verskeie tegnieke
Die selfde het op hulle tyd gegeld ook vir my hallusinasies en gebroke denke
Die oorsprong en oorsaak moet altyd gedurig bepaal en kontroleer word
Dan kan beide ʼn strategiese en kort termyn planne gemaak word
En met elke trappie van suksesse kan die gesonde pad gevolg word
Sonder net om net eensklaps operasionele gedrag's teorie toeste pas
Hierdie rasionele denke is foutief en werk nie by psigose of sulke toestande nie
Kennis is wel mag maar ervaring en toepassing bring die oplossing
SO het medisyne, sielkunde, dieetkunde en ander ook gesamentlik hulle plek
Medisyne hou jou ergste kondisie in toom maar moet ook daarmee aanpas
Sielkunde verwerk jou probleme en bou jou weer positief op
Dieetkunde hou jou nie net gesond nie maar kan ook jou medisyne ondersteun
So kan al die ander saamwerk en is almal net so belangrik vir volle gesondheid
Dit maak jou weer sterk maar dit is altyd ʼn tweestryd tussen die ander en die kliënt
Dit is belangrik dat jy besef jy is eerste verantwoordelik en jou self verstaan
Dan met regte hup met jou eie bestuur kan jy met toepassing gesond word
Dit sluit in van vriende, werkgewers, die gemeenskap en die mediese hulp
Daarom werk die regte self-hulp groepe ook en ʼn groot wil om reg te kom
Jy moet nou rasioneel en emosioneel tussen drome en die werklikheid onderskei
Die ander wat nie die ervaring het nie het ook nie eerstehands die kennis nie
Daarom is jy en ander soos jy ook meesters in die gebied
Dit is ook hulpsaam dat die mense om jou positief glo dat jy sal regkom
Die perk ook wel identifiseer en jou daarvan motiveer trappie vir trappie
Dit is soos slangetjies en leertjies, jy val wel terug maar in die einde moet jy bo uitkom
En as ek na bo verwys bedoel ek jou bou wat vir jou moontlik is en nie die van ander nie
Dan met tyd, geduld, nuwe en gedurige oefeninge kom die kwaal wel in remissie
Maar jy moet definitief nooit onder enige omstandighede opgee nie
Jy moet ook nie glo aan perke sonder om dit gedurig te toets nie
Want vandag kan jy dit wel nie doen nie maar more kan jy dalk wel
En as jy dit nie gedoen het nie was die ou perke nog jou perke
En hou jou gestremdheid in plek as om dit te verbeter
Dit beteken nie dat jy nie gestrem is nie want almal het hulle limiete
Dit beteken dat jy nie teruggehou het nie maar moes tweekeer so hard moes werk
En laat jou vriende, die gemeenskap en medisië toe om ook jou daarmee te help
Maar hulle moet nooit jou lewe oorheers en dit vir jou as mens bepaal nie
Dit kan net jy self doen, want jy is in beheer en ken jouself beter as enige ander persoon.

09/10/2005